10-12 Junie 2010Die Naboom Windpompfees is ‘n jaarlikse instelling en daar word beoog om ten minste 10 000 mense deur die hekke te laat kom. Kostes:
Toegang tot by alle skoue, stalletjies en kunstenaar vertonings op Donderdag 10, Vrydag 11 en Saturdag 12 Junie 2010. Daar is vir hierdie fees slegs 150 stalletjies beskikbaar. Die uitstallers sal dan ook die eerste geleentheid gegun word om te registreer vir die 2011 fees. Uitstallers sal streng gekeur word om die gehalte van die fees baie hoog te hou. Daar is ook verskeie pryse beskikbaar vir uitstallers. Die fees sal baie konsentreer op Toerisme, Kampeering, Landbou, Buitelewe, Handwerk, Stokperdjies en Interessante toerusting. Daar sal ook meer as genoeg vermaak van goeie gehalte aangebied word om die hele gesin besig te hou. Besoek die Program vir meer inligting. Daar is verskeie kompetisies, soos bv. saag, spykerslaan, sweepklap, lemoenskil, binnebandpomp ens. Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool is gesetel in die dorp Naboomspruit, ongeveer 150km van Pretoria af. Die fees sal hierdie jaar aangebied vir die 10de, 11de en 12de Junie op die Buffelshoek terrein wat ongeveer 20ha groot is. Die Buffelshoek terrein is baie goed geleë, op die R101, 2 km buite Naboomspruit tussen die N1 aan die een kant en die Naboomspruit-Potgietersruspad aan die ander kant. Dit bied baie goeie blootstelling vir die borge sowel as die uitstallers. Dit is ‘n baie veilige terrein wat die sekuriteit baie maklik maak en bied ook meer as genoeg parkeerplek. Daar is besluit om die fees die NABOOMSPRUIT WINDPOMPFEES te noem en wel om die volgende rede: Ons sien die skool as die windpomp van die dorp. Hierdie windpomp moet eerstens water pomp vir die skool self en dan moet ons dam oorloop om ons te help om ander mense, instansies of projekte se damme ook van water te voorsien. Ons glo ook vas dat ‘n suksesvolle fees en suksesvolle bemarking van Naboomspruit en omliggende dorpe ‘n positiewe invloed op toerisme in die algemeen en ook op die plaaslike ekonomie sal hê.Behalwe die blootstelling op die fees sal die borge en uitstallers ook die geleentheid gegee word om in die feesbrosjure te adverteer, asook op die webtuiste van die fees. Hierdie webtuiste sal voortdurend opgedateer word. Bemarking sal reeds vroeg gedoen word in die gedrukte pers sowel as op verskeie radiostasies. Daar word ook met die TV onderhandel om teenwoordig te wees. Baniere, plakkate en brosjures sal ook vrygestel word in Naboomspruit, Nylstroom, Warmbad, Potgietersrus en Pietersburg. Die feeskomitee sal alles in hulle vermoe doen om hierdie fees ‘n sukses te maak vir die besoekers, uitstallers en ook die borge. Daar word ook met verskeie organisasies en belangegroepe onderhandel om die fees te kom ondersteun. ‘n Ander goeie trekpleister is die verskeie kompetisies en goeie pryse wat voor en gedurende die fees aangebied sal word. Kontakbesonderhede: Stan of Minnie Tel: 014 7433137 Faks 086 524 7195
|