Kyk na die 2008 Naboom Windpompfees program hier en maak seker jy mis uit op niks nie!
Hektye: Hekke open Vrydag en Saterdag vanaf 09h00 en sluit teen middernag.
Toegangskaartjies sal op Vrydag en Saterdag vanaf 09h00 tot 21h00 beskikbaar wees.
Hekke open Sondag om 11h00.

Kostes: Volwassenes: R35 per dag | Hoërskoolkinders: R20 per dag | Laerskoolkinders: R15 per dag

Pakket vir 3 dae: Volwassenes: R80 | Hoërskoolkinders: R50 | Laerskoolkinders: R40 vir die 3 dae

Groepbesprekings op Vrydag 13 Junie 2008 vanaf 10h00 tot 13h00

Minimum van 20 mense @ R15 per persoon.

Daar vind 'n veiling plaas wat 50 bokke, 50 Dorperskape, 50 kommersiële skape en ten minste 150 stoetbeeste asook 'n Katalogus Wildsveiling insluit. Genoemde diere word opgeveil deur Vleissentraal. Kyk weer vir meer inligting.

Kunstenaars wat gaan optree is: Pieter Koen, Bobby van Jaarsveld, Zak van Niekerk, Liani May, Wicus van der Merwe, Adam Tas, Elizma Theron en Piet Smit.

Poldaw Windpomp veiling : 14 Junie 2008 @ 13h00