09-11 Julie 2009

'n Groot Dankie aan ons borge Vodacom; Castle Lager; Buffelshoek Agri Depot ; Euphoria Country Estate & Hydro; Legend safari & golf resort; Jacaranda RM-FM ; Poldow Pumps

Die Naboom Windpompfees is ‘n jaarlikse instelling en daar word beoog om ten minste 10 000 mense deur die hekke te laat kom. Jakaranda RM-FM was by die Windpompfees op Vrydag, 10 Julie vanaf 12-4pm en he uitgesaai ook op Saterdag, 11 Julie vanaf 10 - 12am!

Kostes:

  • Volwassenes: R50 per dag
  • Skolier: R40 per dag
  • Pensioenaris: R40 per dag
  • Kleintjies moet betaal as hulle nie onderdeur ons paal kan reop loop nie

Toegang was tot by alle skoue, stalletjies en kunstenaar vertonings op 9 , 10 en 11 Julie 2009.

Daar was vir hierdie fees 150 stalletjies beskikbaar. Die uitstallers het ook die eerste geleentheid gegun word om te registreer vir die 2010 fees. Uitstallers sal streng gekeur word om die gehalte van die fees baie hoog te hou. Daar is ook verskeie pryse beskikbaar vir uitstallers. Die fees sal baie konsentreer op Toerisme, Kampeering, Landbou, Buitelewe, Handwerk, Stokperdjies en Interessante toerusting.

Daar was verskeie kompetisies, soos bv. saag, spykerslaan, sweepklap, lemoenskil, binnebandpomp ens. Hiermee die 2009 kunstenaars: Straatligkinders ,Thys die Bosveldklong, Karlien Husselman, Flip-a-Coin, Die Campbells, Cheree, Jason, Eden and DJ Ossewa.  Daar sal ook 'n disco op Vrydagaand wees saam met Jakaranda RM – FM gehou word.