Location: South Africa » Free State » Bloemfontein

SA Boerwindhond Vereniging

SUID – AFRIKAANSE BOERWINDHONDE

SA Boerwindhond VerenigingSA Boerwindhond Vereniging

Contact Details

JBM Hertzog
Enquire now
View Rates

Description

Alhoewel die windhonde oorspronklik geteel is ook om ongediertes te jag maak die  honde van die beste huis/gesins honde omdat hulle vriendelik van geeradheid is, intellegent en skoon is. Die honde is maklik om aan te hou en het nie groot spasie nodig nie, hulle kan ook as waghonde dien. Hoof kenmerke van hulle bouvorm is dat hulle groot gebou is, kort en ferm haarkleed het, lang dun stert, diep borskas, geboë rug, lang kruis wat val na onder en sterk opgetrekte voet.

Die Vereniging hou keurings dae waar ‘n hond ‘n minimum van 1 jaar oud moet wees om in aanmerking te kom vir registrasie, die hond word dan deur 3 keurders volgens sy bouvorm gekeur en sodoende moet die hond ‘n minimum van 70% slaagsyfer hê om deur te kom.  Die hond word dan as geregistreer aangeteken en kan dan teel by geregistreerde tewe/reuns of deelneem aan skoue.

Die SA Boerwindhond. Hier volg inligting oor hoe die Vereniging ontstaan het en wat tot en met vandag als gebeur het en meer oor die hond as ras self.

 

2007

Die Vereniging is op 12 Mei 2007  gestig. Waar ons met 7 lede begin het en tot en met laasjaar September gegroei het met 117 lede. Ons het in 2007 3 keurings gehou.


2008

Het ons 3 keurings gehou. Ons het die jaar ons heel eerste Wêreld Kampioenskappe skou aangebied, September in Bultfontein, Vrystaat by die Bultfontein Boertjie Kontrei fees waar daar sowat 12 000 – 15 000 mense deur die hekke was,‘n eerste vir die honderas ter wêreld, ‘n ware geskiedkundige dag. Hier was 300 plus SA Boerwindhonde die dag op die skou en keuring, honde word beoordeel en gekeur op hulle bouvorm wat deur ‘n ras standaard soos deur die SA Boerwindhond Vereniging goed gekeur is. Die honde word op ‘n skou beoordeerdeel deur 3 beoordelaars wat op die internasionale gebruikte HI-Low Stelsel getabuleer word om plekke aan te wys.

 

Desember het ons ons Vrystaat Kampioenskappe in Bloemfontein aangebied waar daar 86 honde was wat met mekaar kompeteer het oor bouvorm. Mense het net soos by die Wêreld Kampioenskappe ver gery vanaf die Kaap, Gauteng, Noord Wes en self uit Namibië om die geleentheid by te woon en te kom skou.

 

2009

Het ons besluit dat ons by SA Stamboek wil aansluit en is tans besig met onderhandelings. Die geleentheid gaan ons honde die eer en herkenning gee as ‘n Inheemse geteelde ras, net soos die Boerboel,  op sy eie. Op 5 September 2009 gaan ons ons 2de Wêreld Kampioenskappe aanbied weer by die Bultfontein Boertjie kontrei fees, waar daar meer honde en vertoners oor die land verwag word as in 2008. Hier gaan net die beste honde vanaf oor die hele Suid Afrika en ons Wêreld Kampioene kroon.