Location: South Africa » Limpopo » Waterberg » Bushveld » Mookgophong » NaboomspruitPATHWAYS NABOOMVERRYKINGSENTRUM NPO: 064#653 Come and test your golfing skills at the Pathways Activity Stand during the Naboom Windpompfees Euphoria Skool will be sponsoring this stand to create awareness for Pathways Naboom! 
DescriptionPathways Naboom - our hope for mentally and physiacally handicapped children. Pathways Terapie en Aktiwiteite: - Spraakterapie
- Arbeidsterapie
- Fisioterapie
- Perdryterapie
- Swemterapie
- Musiekterapie
Ons verskaf dienste t.o.v. die volgende toestande: - Verstandelike en fisiese gestremdhede
- Onder andere: Spraak-, Gehoorprobleme, Outisme, Down Sindroom, Corpus Callosum Agenese ens.
Ons Visie: - Dat ons leerlinge (kinders met spesiale behoeftes) onbeperkte geleenthede sal hê gedurende die groot-word-proses, met die wete dat hulle belangrik en unieke individue is.
- Dat hulle vertroue in hul eie vermoëns en identiteite sal hê.
- Dat die kinders se ouers ingelig, toegerus en selfversekerd sal optree ten einde hulle kinders in alle uitdagings te ondersteun.
- Dat elkeen van die kinders ‘n plekkie in die wêreld sal hê.
Ons Missie - Om die beste moontlike een-tot-een onderrig en terapie te bied en te verseker. Sodat elke kind in Pathways Naboom tot hul volle potensiaal sal ontwikkel.
- Dat ons kinders en jongmense oor die nodige vaardighede sal beskik vir onafhanklikheid en inskakeling in die samelweing.
- Om onderwysers, fasiliteerders, assistente en ouers op te lei en hul vaardighede verder te ontwikkel, sodat ons kinders daarby kan baat vind.
- Om betekenisvolle indiensneming in die ope arbeidsmark elke jaar te vind deur lewensvaardigheids- en werksvoorbereidings programme vir jongmense in ons Sentrum.
Korttermyn doelwitte en behoeftes: - Om fondsinsamelingsprojekte te loods om ‘n perseel aan te skaf of te huur om die beste moontlike onderrig en stimulasie aan ons leerlinge te bied. Pathways Naboom is afhanklik van fondse en borge d.m.v. debietaftrekkings, gholfdae en ander inisiatiewe reg deur die jaar. Reg deur die geskiedenis, het Sentrums/Skole vir kinders met spesiale behoeftes ‘n stryd om finansieël te oorleef. Personeel-opleiding en bemagtiging is ons kern doelwit vir suksesvolle vordering in ons programme vir elke leerling. Diè opleiding word alleenlik gedek deur ons fondsinsamelings projekte.
Langtermyndoelwitte: - Om ons Sentrum se terapie- en/of sensoriese kamer (Snoezelen), ten volle in te rig. Die volle inrigting van hierdie kamer se kostes is baie hoog en bekom ons slegs die nodige fondse deur ekstra fondsinsamelings projekte.
- Meeste van ons langtermyndoelwitte (asook korttermyn) konsentreer op verbeteringe van ons perseel, die nodige toerusting, verdere opleiding ens. Asook vir ons terapie-, lewensvaardigheids- en werkskeppingsprogramme.
- Beroeps- en vakopleiding is een van ons grootste doelwitte ten einde ‘n toekoms vir elk van die kinders te verseker.
- Ons beoog ook om in die toekoms sportbyeenkomste te reël waar al die Pathways Sentrums (waarvan daar tans 8 is), asook ander moontlike skole bymekaar sal kom vir sportaktiwiteite. Dit sal ‘n opwindende en positiewe geleenthede wees vir ouer, kind, personeel en gemeenskap om die kinders te ondersteun en ‘n bydrae te lewer tot die waarde van hul mens-wees en die gevoel van geborgenheid en aanvaarding.
- Ons wil derhalwe die gemeenskap en samelewing se persepie en gevoel verander, d.m.v. betrokkenheid en kennis. teenoor hierdie Sentrums en teenoor kinders met spesiale behoeftes.
Nìks in hierdie wêreld sal ons terughou om ons doelwitte vir hierdie kinders te bereik nie. Hulle is vir ons meer werd, as al goud in die wêreld!! Dankie dat u die tyd geneem het om meer te leer oor Pathways. Ons verwelkom enige terugvoering. Kontak ons gerus vir enige verdere navrae |