Die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle ( Nylstroom ) het in 1959 sy ontstaan gehad en vier in 2009 sy 50ste bestaansjaar. Hier word ongeveer 180 kinders vanaf die ouderdom 3 tot ongeveer 20 jaar gehuisves. Hierdie kinderhuis is ‘n multi-kulturele instansie wat kinders van alle rasse akkommodeer. Alhoewel dit nie ‘n staatsinstansie is nie, ontvang hulle ‘n klein subsidie per kind van die staat. Daar word egter swaar geleun op die insameling van fondse deur projekte wat geloods word.