|
LIANIE MAY se musiek herriner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige sterk melodië, vleiende harmonieë wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis ‘n CD wat jy opsit en deur luister tot die einde…en dan maar weer en weer herhaal!
Die Afrikaanse musiek bedryf is honger vir ‘n nuwe vroue stem wat die groot gaping kan vul.
LIANIE MAY…is hiér om te bly! Kom Luister na haar by die Naboom Windpompfees Biografiese info:
Geboorte datum: 2 Aug 1976 Waar gebore: Vereeniging Waar groot geword: Oranjeville Waar skool gegaan: Afrikaans Hoërskool Sasolburg - 1994 gematrikuleer Gunsteling song: Power of Love – Jennifer Rush Gunsteling boek: Soup for the Soul Hoe het Lianie gekom waar sy nou is: Was maar altyd ‘n kunstenaar. Eden het gaan optree in Oranjeville en Lianie het vir hulle ‘n liedjie gesing. Johan Vorster en Sean Else het toe vir Lianie genader om by Mozi aan te sluit en sy het haar debuut cd in 2007 uitgebring LIANIE MAY gaan die wêreld aan die brand sing met haar ongelooflike stem en emosionele interpretasie van splinternuwe Afrikaanse treffers uit die skrywers pen van JOHAN VORSTER, SEAN ELSE (DE LA REY, 68 CHEVY, HABANA!, IS JY BANG (EDEN), EN VELE MEER) en LIANIE MAY wat self ‘n paar van die liedjies geskryf het... Luister uit vir die eerste single van die CD, die hartroerende titel snit, VERGEET MY NIE, wat die hartseer en pyn deel van wanneer ‘n mens ‘n geliefde verloor. SEAN ELSE (wat DE LE REY se musiek video geskiet het) het ‘n roerende video geskiet vir die lied, en sal binnekort op die skerms begin draai. Die res van die CD is gevul met treffers van alle soort, liedjies wat die tone laat wikkel soos BOEREVRY, BEL, BEL, BEL, EK KOM HUIS TOE, liedjies wat die hartsnare roer soos, JY SOEN MY NIE MEER NIE, LOS MY NIE ALLEEN NIE, VROU STAAN BY HAAR MAN, SOMERRëEN, selfs liedjies wat dinge van oud onthou soos, TOE ‘N TWEE RAND NOG ‘N TWEE RAND WAS. Daar is ook twee DOLLY PARTON treffers op wat die mense sal terug neem na ‘n ander tyd en plek en natuurlik is daar ‘n vuurwarm BELINDA CARLISLE MEDLEY en ‘n kragtige treffer van die groep HEART…WILL YOU BE THERE IN THE MORNING. |