|
Pieter is gebore en het grootgeword in Standerton. Hy was vir ‘n paar jaar lid van die wêreldbekende Drakensbergse Seunkoorskool, matrikuleer aan die Standertonse Hoërskool, voltooi sy nasionale diensplig in Bloemfontein - 1 Valskerm Bateljon - en studeer aan die Technikon Pretoria. Tydens sy studentejare sluit hy aan by ‘n plaaslike gemeenskapsdiens radiostasie waar sy stem vir etlike jare op hul senders gehoor word as een van hul omroepers. Later word hy ‘n televisie aanbieder vir die kunsprogram Kunskafee, en in 2003 word hy ‘n aanbieder van die gewilde joernaalprogram Kwela, op KykNet. <p><img src="http://www.naboomwindpompfees.co.za/Pieter-Koen.jpg"><p>
Pieter het sy eerste cd opgeneem in 1997, en dit self bemark en verspry – die cd is eksklusief beskikbaar op aanvraag..! Pieter is nie net ‘n bekende gesig op televisie nie, maar word ook gereeld gesien by feeste, skoue en optredes landswyd. Hy was ook al genooi as gas vir verskeie programme op SABC en KykNet wat insluit : Stoute Boude, Pitstop, Geraas, Liriekeraai, Dis hoe dit is saam met Steve, en Wie is Wie.
|