REëLS EN VOORWAARDES VIR UITSTALLERS:

  1. SLUITINGSDATUM: Alle inskrywingsvorms tesame met R1000 deposito en 50% van stalletjietarief moet die Feeskantoor bereik voor of op 31 MAART 2009.
  1. PLASING: Let wel dat daar ‘n beperkte hoeveelheid van genoemde stalletjies is. Tariewe word uiteengesit in die aansoekvorms. Stalletjieplasings word eers bevestig na ontvangs van betaling en met beskikbaarheid van aansoekgelde en die deposito. 
  1. EVALUASIE: Daar vind ‘n keuringsproses plaas om kwaliteit te verseker en duplisering van produkte te verminder en om sodoende ‘n wyer verskeidenheid van produkte daar te stel.   Dit beteken nie dat geen duplisering plaasvind nie, aangesien gesonde mededinging 'n erkende besigheidspraktyk is.  Die beslissing van die organiseerders t.o.v. die allokasie/aanwysing van stalletjies is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Kosstalletjies moet ook aan die plaaslike, asook enige ander toepaslike wetgewing en gesondheidsregulasies voldoen. Kosstalletjiehouers moet hulle eie brandblussers voorsien en voorsiening maak vir verkoelingstoerusting vir bederfbare produkte.  Om gehalte te verseker, het die organiseerders die reg om te gelas dat produkte by aangewysde verskaffers aangekoop moet word.   Die organiseerders mag ook 'n standaard van kos vasstel.   Suksesvolle aansoekers sal 3 werkers per stalletjiepaspoortfoto’s van die werkers voor 31 MAART 2009 verskaf, sodat die persone van 'n identifikasiekaart / permit voorsien kan word.    Geen persoon sal by die stalletjies toegelaat word sonder die nodige identifikasiekaart / toegangspermit nie, welke kaart / permit op 'n opsigtelike plek aan die persoon gedra moet word.   Enige gebruik van 'n ander se kaart / permit, sal lei tot skorsing, heraanwysing van die stalletjie en verbeuring van deposito. 
  1. BETALING VAN KOSTES: Suksesvolle aansoekers wat nie reeds betaal het nie, moet voor of op 31 MAART 2009 die verskuldigde bedrag in Naboom Windpompfees se rekening inbetaal.  Indien nie, sal 'n kansellasiefooi van 10% van die stalletjietarief gehef word. Meld assebief u verwysingsnommer op die depositostrokie en faks die betalingsbewys na 014 7433137. Die balans is betaalbaar op 30 April 2009. ‘n Betaling deur die Bank teruggeskryf, beteken outomatiese kansellasie van die aansoek en heraanwysing van die stalletjie.
  1. WEBWERF EN FEESPROGRAM: Dit is u verantwoordelikheid om alle logo’s en kunswerke in jpeg-formaat in te stuur na windpompfees@gmail.com om te verseker dat u op die genoemde promosieblaaie verskyn, met sluitingsdatum 30 APRIL 2009.  Dit is die Applikant se verantwoordelikheid om, op eie koste, die inligting in die regte formaat te verskaf.    Sou u nie die logo's aanstuur nie, mag dit wees dat u nie in die program adverteer nie, en ook nie op die webblad nie, maar sal geen korting toegestaan word op die prys nie.   Sou die inligting na 30 APRIL 2009 ontvang word, sal die organiseerders die inligting binne uitsluitlike diskressie op die webblad plaas.
  1. HANDELSURE: Die fees open op 9 JULIE om 14h00 tot 21h00 en op 10 en 11 JULIE om 08h00 tot 21h00 en moet stalletjies vanaf 14h00 tot 21h00 ( Donderdag 9 Julie ) en 08h00 tot 21h00 ( Vrydag 10 en Saterdag 11 Julie ) bedryf word, of soos andersins deur Komitee goedgekeur op skriftelike aanvraag.   Geen stalletjies mag voor 21h00 saans ophou handeldryf nie. Geen voertuie sal na 07h00 ( Vrydag 10 en Saterdag 11 Julie ) en voor 21h00 op die terrein toegelaat word nie. Uitstallers kan van 07h00 stalletjies voorberei. Stalletjies mag eers ontruim word na beëindiging van die feesverrigtinge. Geen stalletjies mag die terrein voor die tyd verlaat nie.   Sou die stalletjies voor die tyd ontruim word, sal die uitstaller sy deposito verloor.   Alle voertuie moet voor 07h00 van stalletjieterrein verwyder word en op geallokeerde parkeerplekke gelaat word. GEEN PERSONE WORD SONDER MAGTIGING TOEGELAAT OM OP DIE TERREIN TE OORNAG NIE. 
  1. SIGBARE LOGO’S: Uitstallers word toegelaat om hulle eie naamborde aan te bring by die stalletjies. Dit mag egter nie u buurman se sig versper of in sy area wees nie. Die gebruik van Naboom Windpompfees logo of naam is streng verbode en mag nie sonder goedkeuring van die organiseerders gebruik word nie. Aansoeke in die verband kan direk aan die organiseerders gerig word by windpompfees@gmail.com / 014 743 3137. 
  1. SEKURITEIT: Naboom Windpompfees verskaf voltyds sekuriteit, maar kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige verliese of skade nie. ‘n Persoonlike wag vir u stalletjie kan met die Fees se amptelike sekuriteitsdiens, vir u eie rekening, gereël word.   Die firma se besonderhede is op aanvraag beskikbaar. 
  1. VERBLYF Stalletjiehouers is verantwoordelik vir hul eie reis-en verblyfreëlings. Vir hulp in die verband skakel die feeskantoor by windpompfees@gmail.com /  druk hier! 
  1. REGISTRASIE: Alle gekeurde stalletjiehouers kan registreer vanaf Donderdag 9 JULIE  tussen 09h00 en 12h00 op die terrein. LW : GEEN REGISTRASIE KAN NA 12H00 9 JULIE  OP DIE FEESTERREIN GEDOEN WORD NIE.  DIE TOEGANGSHEKKE SLUIT OM 12H3O EN NIEMAND SONDER DIE TOEGANGSPERMIT SAL TOEGELAAT WORD NIE. Geen persoon sal sonder sy eie identifikasiekaart / permit tot die terrein toegelaat word nie. Geen persoon mag die identifikasiekaart van ’n ander werker / persoon gebruik om toegang te verkry nie. Misbruik hiervan mag lei tot die verbeuring van die deposito en die persoon sal van die terrein geskors word.  By registrasie word 3 toegangskaarte / permitte asook 1 toegangskaart vir parkering (plus 1 sleepwaentjie) uitgereik. Gekeurde aansoekers wat nie op hierdie dag registreer nie, verbeur hul fooie en hul stalletjies en Naboom Windpompfees sal dit herverhuur. Na registrasie kan stalletjiehouers uitpak. Stalletjiehouers se gedrag mag nie steurend vir ander stalletjies wees nie en indien u in ‘n bakleiery betrokke raak of enige onaangenaamheid veroorsaak, het die organiseerders die reg om u te vra om die perseel te verlaat en verbeur u dan al u gelde reeds betaal. Enige dispuut moet na die Organiseerders verwys word wat ’n finale besluit sal neem wat op die betrokkenes van toepassing sal wees. 
  1. ALGEMEEN:Geen troeteldiere word by die stalletjies toegelaat nie. Stalletjiehouers is verantwoordelik vir die netheid van hul stalletjies. Die Organiseerders behou die reg voor om stalletjiehouers te skors vir enige wangedrag.   Alle stalletjies word voorsien van een 220V - kragpunt. Daar mag geen verwarmers, ketels of elemente getrek word op die kragpunt nie. Stalletjiehouers is verantwoordelik daarvoor om hul eie krag-verlengingskoorde te verskaf. Tafels, stoele, afdak, en ander uitstaltoerusting is u eie verantwoordelikheid. STALLETJIES WAT VOOR DIE TYD OPPAK EN VERTREK IS NIE GEREGTIG OP ENIGE TERUGBETALINGS NIE EN HET DIE ORGANISEERDERS DIE REG OM DEELNAME VAN TOEKOMSTIGE FEESTE TE WEIER. Die Organiseerders aanvaar geen verantwoordelikheid vir produk(te) wat bederf of nie verkoop nie.   Neem kennis dat daar ‘n toegangsfooi vir die publiek gehef word by die Naboom Windpompfees te Buffelshoek Agri Depot. 
  1. GROOTTE VAN STALLETJIES: Stalletjies wissel van grootte soos wat u dit bespreek het op aansoekvorm.   Stalletjies word van ‘n raamwerk voorsien. Waentjies moet deel van die stalletjie vorm of verwyder word na die toegewysde parkeerarea. 
  1. VRYWARING: Naboom Windpomp Feesterrein word betree op eie risiko en aanvaar die Organiseerders, Euphorbia C.O. Skool, Buffelshoek Agri Depot, die borge, asook die bestuur en werkers geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, dood en / of besering nie.   Die applikant vrywaar werknemers, die organiseerders, Euphorbia C.O. Skool, Buffelshoek Agri Depot, die borge asook die bestuur en werkers vir enige skade, verlies, dood en / of besering.

Let asseblief daarop dat met ondertekening word bevestig dat die applikant vertroud is met die voorwaardes en reëls, en dit aanvaar.   Alle voltooide aansoeke moet behoorlik onderteken en teruggefaks ( 014 743 3137 ) word. 

OP LAS, ORGANISEERDERS