Die Sonstraal skool is in Sept 1997 as ‘n skool vir gestremdes in Nylstroom tot stand gebring. Die Sonstraal Skool is ‘n privaat instansie en ontvang geen subsidie of vaste finansiële ondersteuning nie. Ons skool bestaan uit twee afdelings. Die eerste afdeling is om fisies- en verstandelik gestremde leerlinge. Hulle is verdeel in twee groepe. Die eerste groep volg ‘n Gr 0 leerprogram. Dit sluit in ‘n Breinlyn Rekenaarprogram, opvoedkundige speelgoed, Audiblox, kuns, bak en brou. Die tweede groep is ons volwasse gestremdes. Hulle maak verskillende artikels bv. Kaartjies, kraletjies, tapisserie ens. Ons verkoop die artikels en die fondse word weer vir die klas aangewend. Van hierdie leerlinge kry daagliks fisioterapie en die hele groep kry eenmaal per week perdrylesse en swemlesse. Ons tweede afdeling is ons gehoorgestremde leerlinge. Ons is ‘n BVCO skool en ‘’n hulpsentrum van Impak Onderwysdiens wat ‘’n instansie is vir tuisonderrig, Alle leerstof word deur Impak voorsien en is ooreenstemming met die voorskrifte van die Departement van Onderwys. Ons skool maak ook gebruik van Audiblox en neurokinetiese oefeninge om die leerders te help met onder andere die integrasie van hul breinfunksies, om beter te konsentreer, te luister en te kyk. Hierdie twee opvoedkundige hulpmiddels help verder met lees, spelling, syfervaardigheid en geheue. Ons skooltjie het ook ‘n ander baie belangrike been ontwikkel nl. Die bak en verkoop van beskuit. Hierdlie beskuitsentrum bied beskutte arbeid aan oudleerlinge en ook ander individue. Daar is nog baie harde werk wat voorlê om Sonstraal Skool die ideale doelgeskikte fasiliteit te maak wat ons beoog. Intussen doen 0ns die werk met vreugde en God gee die seën. Kontak: Coreen Campfer Tel:(014) 717 4331 , e-pos: sonstraal7@worldonline.co.za |