Die Susan Strijdom skool het sy ontstaan in Schoemansdal naby Louis Trichardt gehad. Die skool is in Nylstroom ( Modimolle ) sedert 1962. Die leerders in die skool is matig verstandelik gestremd m.a.w. ’n LSOB – skool, dit is leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes. Die voedingsgebied is hoofsaaklik die Nylstroomomgewing. Daar word ook kinders van Bela-Bela en tot so ver as Potgietersrus en Ellisras in die koshuis geakkommodeer. Op akademiese gebied word die leerders onderrig in Afrikaans, Engels, Sepedi, Wiskunde, Sosiale- en Natuurwetenskap, Lewensoriëntering, Tegnologie en ’n Leessentrum met behulp van rekenaars en entrepreneurs. Verder kry hulle tegniese opleiding in die sentrums in winkel- en kantoorpraktyk, naaldwerk, hotel en spyseniering, rekenaartik, plaat- en metaalwerk, houtwerk, basiese tegnieke, boukunde, tegniese tekene en sweis. Baie van die leerders in die skool is mileu-gestremd. Dit plaas ook ’n groot finansiële las op die skool as gevolg van materiale wat aangekoop moet word vir die tegniese ontwikkeling van die leerders. Die skool het ook ’n voedingskema vir die leerders, asook ’n klerebank waaruit die behoeftige leerders van skoolklere ( veral in die winter ) en ander klere voorsien word. Hierdie leerders vorder moeilik in die hoofstroomskole. By Susan Strijdomskool word daar gepoog om die leerders kennis en vaardighede aan te leer om trots en menswaardig na Graad 10 in die gemeenskap opgeneem te word.
Kontak persone: Coetzer H.J by tel: 014 717 3768 of Mr.J.LabuschagnebTel:014 737 7746 Selnr:082403 93 58 Faks nr:015 717 23 94 |