Zak van Niekerk…“skop gat in die Baai” Baai”!Drie jaar later is Zak van Niekerk terug met sy nuutste DVD, “Gatskop In die Baai”.
Ons het hom leer ken met sy 2003 treffer, Lekkerkry en daarna het Byt My, Oe Na Na, sy DVD Zak maak Twak en Ramkat gevolg. Zak van Niekerk is terug met ‘n splinternuwe DVD vol treffers en skreeusnaakse stories, soos net Zak dit kan vertel. Die DVD sluit treffers in soos Ramkat; Lekker in Suid Afrika; Jantjie de Wet; Borrels in my bier en vele meer asook ‘n duet met die “Deur die Straights”-man, Hugo. Ons ken hom reeds as ‘n grapmaker en poetsbakker by uitstek en Zak stel verseker nie teleur met sy lewendige optrede by Danskraal in Port Elizabeth nie! Hy is sekerlik een van die beste komediante wat sy lekker kuier- en luister musiek aanbetref. Met sy unieke manier van mondfluitjie speel, word hy beskou as die een van bestes.
“Gatskop in die Baai” sluit ook drie bonus video’s in van Ramkat; Jantjie de Wet en Borrels in my bier.
Zak se 1ste CD, Lekkerkry sowel as sy DVD, Zak maak Twak het platinum status bereik, met Byt My en Oe Na Na ver oor die goue status kerf en ook sterk oppad na platinum status. Hierdie is ‘n moet hê DVD, en elke Zak van Niekerk aanhanger sal saamstem dat “Gatskop in die Baai” eintlik “Gatskop in Suid-Afrika” moes heet. Zak gooi mielies! Uitgereik deur: Leo Musiek Nadia Scott 082 864 0571 jscott@icon.co.za Vir Besprekings: Madelein Boshoff 083 445 1042 / 012 259 1774 Faks: 086 613 9948 madelein@blackrose.co.za |