Elizma Theron - Gebore in Bethlehem in die Vrystaat, maar begin en voltooi haar skoolloopbaan in Kuruman, Noord Kaap.

http://www.naboomwindpompfees.com/Elizma.jpg Reeds op twee jarige ouderdom is sy lief vir sing en sing sy, tydig en ontydig die enigste liedjie wat sy ken. Dit is ‘n ou liedjie wat die verhaal vertel van die smart van ‘n boere gesin tydens die Anglo Boereoorlog. Die liedjie se naam is “Gaan kyk wie klop daar Jannie.” Hoewel sy redelik noot vas was het haar vermoë om die woorde te onthou en die nodige gevoel in haar stem te sit, almal verbaas.

Op twaalfjarige ouderdom neem sy aan ‘n plaaslike sangkompetisie, vir Hoër-en-Laerskoolleerlinge, deel en sy wen dit met die liedjie “A whole new world.”

Hierdie liedjie se titel het vir haar waar geword, want ‘n heel nuwe wêreld het vir haar oopgegaan.

Twee jaar later neem sy deel aan die landswye sangkompetisie, “Reik na die Sterre” en word deur CJ de Swart in die tydskrif Keur, spesiaal vermeld vir haar “kommersiële trefkrag”

Danksy ‘n gemeenskap en ‘n skool wat graag toesien dat die kinders van die die omgewing vooruit gaan, kry sy gereeld geleentheid om op te tree en haarself as sangeres te slyp.

Sy hou egter nie net by sang nie, want in haar graad 9 en 10 jaar besoek sy Italië en Griekeland vir modelwerk. Na sy matriek aan die Hoërskool Kalahari voltooi, begin sy die Elizma Theron Kultuurskool, waar sy klasse aanbied in moderne danse, modelwerk en sang.