Gekiedenis van die Naboom Windpompfees…

2009 - Naboom Windpompfees, die dorp se tweede fees...

Die fees was vir die eerste jaar aangebied gedurende die naweek van 13 tot 15 Junie 2008 op die Buffelshoek terrein wat ongeveer 20ha groot is..

Die terrein is baie goed geleë, op die R101, 2 km buite Naboomspruit tussen die N1 aan die een kant en die Naboomspruit-Potgietersruspad aan die ander kant. Dit bied baie goeie blootstelling vir die borge sowel as die uitstallers. Dit is ‘n baie veilige terrein wat die sekuriteit baie maklik maak en bied ook meer as genoeg parkeerplek.

Die fees is ‘n jaarlikse instelling en daar word beoog om ten minste 10 000 mense deur die hekke te laat kom.

Daar is besluit om die fees die NABOOMSPRUIT WINDPOMPFEES te noem en wel om die volgende rede: Ons sien die skool as die windpomp van die dorp. Hierdie windpomp moet eerstens water pomp vir die skool self en dan moet ons dam oorloop om ons te help om ander mense, instansies of projekte se damme ook van water te voorsien. Vir hierdie jaar se fees het ons besluit om ons hand uit te reik na die volgende instansies:

  1. Naboomspruit Tuiste vir Bejaardes
  2. Magrietjies Kankerhulpvereniging : Die Magrietjies Kankerhulpvereniging bied hulp en ondersteuning aan kankerlyers
  3. Susan Strijdom Skool : Die Susan Strijdom skool in Modimolle is ‘n multi-kulturele staatskool wat sy deure in 1962 geopen het. By hierdie skool word daar gespesialiseer in Spesiale Onderrig vir kinders tussen die ouderdom van 12 en 18 jaar. Hierdie skool word gesubsidieer deur die staat en die skoolfonds beloop R100 per kwartaal. Die skool het ook koshuise waarin ongeveer 110 van die 400 kinders gehuisves word
  4. Abraham Kriel Kinderhuis : Die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle ( Nylstroom ) het in 1959 sy ontstaan gehad en vier in 2009 sy 50ste bestaansjaar. Hier word ongeveer 180 kinders vanaf die ouderdom 3 tot ongeveer 20 jaar gehuisves. Hierdie kinderhuis is ‘n multi-kulturele instansie wat kinders van alle rasse akkommodeer. Alhoewel dit nie ‘n staatsinstansie is nie, ontvang hulle ‘n klein subsidie per kind van die staat. Daar word egter swaar geleun op die insameling van fondse deur projekte wat geloods word.
  5. Sonstraal Skool

 

Kunstenaars wat opgetree het vir die 2008 Naboom Windpompfees: Pieter Koen, Bobby van Jaarsveld, Zak van Niekerk, Lianie May, Wicus van der Merwe, Adam Tas, Elizma Theron en Piet Smit.

2008 Program

2008 Kompetisies