| Karlien Husselman, glad nie ‘n onbekende naam in ons land se musiekbedryf nie. Hierdie dame, is ‘n liefdevolle rabbedoe, wat lief is vir musiek, mense en kan ‘n vertoning hou. Karlien het groot geword in die Kaap, waar sy musiek as vak op skool gehad het, en met ‘n A simbool op haar rapport vir musiek uit matriek gestap het. Die dame ken van en weet waaroor musiek en vermaak gaan. Natuurlik kan ons dit nie vermy nie, Karlien JODEL vir jou in ‘n ander bloedgroep in, en staan nie terug vir al ombekendes wat reeds met sukses ‘n naam met jodel gemaak het nie. Die Kaapse boeremeisie kan jodel en sy kan Country sing. Sy sal vir jou hoendervleis gee, en jou laat wonder, hoe kry sy dit reg? |