English | Geskiedenis | Lid Inteken | Tuis | English | NPO 059-759 | Registration no. 2005/005919/08 |

    Windpompfees Inligting
    • Program
    • Kompetisies
    • Kunstenaars
    • Reëls en Voorwaardes vir Uitstaller
    • Aansoek om uit te stal
    • Besprekings en Kaartjies
    • Rigtingaanwysings
    • Kontak ons
    • Opskrif van Vrywaring
    Uitstallers
    • Akkommodasie
    • Boerdery
    • Boerwindhonde
    • Eiendomme
    • Emu Produkte
    • Fotografie
    • Handwerk
    • Industrieel
    • Diens
    • Gesondheidspa's
    • Gholf by die Fees
    • Gholf Baan
    • Jag en Eko-Toerisme
    • Buitelug
    • Voertuie & Sleepwaens
    • Handwerk
    • Klere
    • Kos Stalletjies
    • Allerlei
    • Toerisme
    Gemeenskap
    • Fees akkommodasie
    • Toerisme Kantore
    • Restaurante
    • Speel Gholf
    • Euphorbia Skool
    • Naboom Tuiste vir Bejaardes
    • Magrietjies
    • Susan Strijdom
    • Abraham Kriel Kinderhuis
    • Sonstraal Skool vir Spesiale Onderw
    • Pathways
    • Noodnommers
    • Nuus Brief
    • Spesiale Aanbiedinge

    Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool het sy ontstaan in 2004 gehad nadat  die behoefte by ‘n groep ouers ontstaan het om ‘n alternatief vir staatsonderrig daar te stel.  Ons het in 2004 begin met ongeveer 25 kinders in ons voorskoolse afdeling en nege kinders in Graad 1 en 2 gekombineerd. Ons het tans 95 leerders in Graad 1 – 7 en 40 kinders in ons voorskoolse afdeling.

    Ons het in 2007 ons nuwe skoolgeboue betrek nadat ons vir drie jaar drie woonstelle gehuur het. Die nuwe skoolgeboue word deur ‘n ouer van die skool gefinansier. Die eerste twee fases is reeds voltooi en bestaan uit: 11 klaskamers, badkamers, ‘n administratiewe blok en ‘n saal.

    Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool is ‘n Afrikaanse Christen skool en kleuterontwikkelingsentrum waarbinne die Afrikanerkultuur uitgeleef word. Ons wil graag ons kinders toerus om die nuwe Suid-Afrika tegemoet te gaan. Leerders word aangemoedig om aan alle aktiwiteite deel te neem, in ‘n poging om hulle tot hulle volle potensiaal te laat ontwikkel. Hoë akademiese standaarde is ononderhandelbaar.

    Die skool is ‘n Artikel 21 – Maatskappy, ouergedrewe skool wat geen subsidie van die staat ontvang nie. Die ouers van die skool neem die volle verantwoordelikheid vir alle finansiële verpligtinge. In ‘n poging om ons skoolfonds so laag as moontlik te hou, steun ons baie hard op fondsinsamelings reg deur die jaar, wat dan die skoolfonds subsidieer. Die  fondsinsamelings word dus slegs vir die bedryfskoste van die skool aangewend. 

    Ons bied vanjaar ‘n fees aan. die Naboom Windpompfees, vanaf 13 – 15 Junie op die Buffelshoek Agridepotterrein, 2,5 km buitekant Naboomspruit. Daar is besluit om die fees die Naboomspruit Windpompfees te noem en wel om die volgende redes: Ons sien die skool as die windpomp van die dorp. Hierdie windpomp moet eerstens water pomp vir die skool self  en dan moet ons dam oorloop om ons in staat te stel om ook ander mense, instansies of projekte se damme ook van water te voorsien. Vir hierdie jaar se fees het ons besluit om ons hand uit te reik na die volgende instansies:

    1.                  Naboom Tuiste vir Bejaardes

    2.                  Magrietjies Kankerhulpvereniging, Naboomspruit

    3.                  Susan Strijdom Skool, Nylstroom

    4.                  Abraham Kriel Kinderhuis, Nylstroom

    5.                  Sonstraal Skool vir Spesiale Onderwys, Nylstroom

    “ Kan jy ‘n lemoen die vinnigste skil of ‘n sweep die hardste klap?”  Kom deel in ‘n naweek van pret en plesier. Benewens die verskeidenheid van uitstallers, is daar ook vermaak vir oud en jonk, wat onder andere die volgende insluit: skyfskiet-, saag-, fietsry- en hamerkompetisie. Daar is ‘n skoonheidskompetisie, babakompetsie en plaaswerf vir die kinders. 

    Kom pomp saam!!!

    � Naboom Windpomp Fees - If you like us tell your friends.
    Kontak Ons | Copyright | Disclaimer | Links | Admin
    South Africa accommodation and tourism marketing specialising in Cape Town, Garden Route and Kruger National Park