Thys was nog altyd lief vir musiek. Alreeds op skool het hy begin kitaar en dromme speel. Hy ontmoet toe vriende wat ook instrumente speel en vinnig het die Hoer Tegniese skool Belville sy eie orkes gehad.   http://www.naboomwindpompfees.com/gal32b_thumbnail.jpg  Thys en sy vriende het geleef vir musiek en het al op skool begin om by funksies en danse te speel. Selfs een keer aan n kompetisie gaan deelneem , waar hulle die tweede plek ingepalm het!

Gedurende sy weermag dae was dit nie veel anders nie. Gou het die samajoor en kommandant hierdie man se talent raakgesien en besluit om sy geweer terug te neem en hom eerder weer sy kitaar te laat tokkel. Daarna was niks weer dieselfde nie. Hy het by elke denkbare weermag funksie en kroeg moes optree. Later van tyd het Thys begin deelneem aan avontuur kampe , waar die kitaar natuurlik nooit agter gebly het nie. In 1995 besluit Thys om te bedank en sy eie ding te probeer doen. Hy het as instrukteur opgetree by buitelug avontuur programme en selfs daar ook die kurses gangers vermaak om die kampvure.

http://www.naboomwindpompfees.com/vet_pret_dvd_opname_thumbnail_1211791038.JPG

Gou was hy nie meer tevrede met laatnag- kampvuur konserte nie en hy besluit om sy stem en kitaar te laat hoor in die restaurante en dames-kroegies van Pretoria. Thys het baie vinnig n aanhang onder sy luisteraars opgebou en net mooi n jaar later besluit hy (onder baie druk van n goeie vriend) om te demonstrasie CD op te neem. Die CD het bestaan uit sowat vier liedjies , waarvan Thys twee self geskryf het. Hy het dadelik met die CD in die hand begin rondkyk vir n platekontrak en dit was ook nie n week later nie of hy kry hom toe!


http://www.naboomwindpompfees.com/gal28b_thumbnail.jpg Nou ja, die res van die storie is eintlik baie eenvoudig. Thys het sy eerste CD in 1997 opgeneem (Man se ding) en daarna was daar geen stop aan hom nie!